Onderwysers kan mens nie eers groet as jy as ouer op die tereine is nie. Hulle kyk jou asof jy hulle iets skuld. Hulle fondsinsameling is verskriklik hoog waarvan die kleiner kinders ook aan moet deelneem en die eind produk is vir jou kind om met kleur sand gegooi te word deur n onderwyser. Die kinders moet nog in n ry ook staan daarvoor. En jy moet R240 betaal daarvoor. Die kinders kry huiswerk waar hulle engelse woorde moet lees maar nog glad nie die abc's gedoen het in klas nie. In Graad R en Graad 1 moet hulle ook woorde lees met aai en oei en aa en oe, maar hulle was dit nog nooit geleer nie. Dan moet ons as ouers van die werk af kom, ons kinders bad, kos maak, huis skoon maak, Bybel lees en ons kinders self leer waarvan die onderwysers nie "competent" genoeg is om te kan weet dit moet mos nou eerste kom nie. Ons kry boodskappe op n Sondag aand om kwart voor 9 vir Maandag se goed wat ons ouers bymekaar moet maak. Daar is n disiplinêre stelsel wat nou begin het. As die kinders die onderwysers help en soet wees dan kry hulle aan die einde van die jaar n "cool time" ysie. Watse aanmoediging is dit? Maar ouers moet hulle kinders help met VOL fondsinsameling lyste en alle ouervergaderings bywoon anders word jou kind gepenaliseer. MET N YSIE! N EEN RAND, VYFTIG SENT YSIE!! EEN YSIE VIR DIE HELE JAAR - aan die einde van die jaar... Ek het nog nooit so slegte skool tee gekom in my leeftyd nie! My kind het rugby gespeel elke Dinsdag en Donderdag. Die velde is n gemors!! Die badkammers is guil! Die deure is afgebreuk, die wasbakke le op die grond. Die meisie badkammers se asblikke word net so by die ingang uitgegooi met dames sanitêre doekies wat by die deur le wat my 4jarige kind amper opgetel het terwyl hy loop en soek vir akkers. Dit het vir 2 weke daar gele voor hulle plan gemaak het terwyl daar ander skole Noordvaal kom besoek het vir wedstryde. By die Graad R'e is daar n aparte hek. Ons as ouers het al lank voor die tyd daaraan gekom dan staan die hek waarweid oop by die kleintjies. Daar is onderwysers op toesig, maar wat gaan hulle maak as iemand daar inkom wat nie daar hoort nie? Ouers het ook al hul kinders se jaarlikse skool benodighede gekoop, om die tweede kwartaal was ouers laat weet dat daar n inbraak was en al die leerders se goed is gesteel. Ouers moet nuwes koop.... ??? Ons as ouers van Noordvaal Laerskool is diep ongelukkig en in die gesig gevat want ander ouers wonder hoe kan ons ons kinders daar he. Maar dis die enigste skool wat in Orkney is en nog afrikaans is. Dis regtig n embarrassment!! En ons moet betaal vir daardie diens. Dis nie net die regering wat hierdie dorpie laat tot niet gaan nie. Nou kan jy net vir jouself ook indink hoe n oueraand loop. Die ouers is siek en sat vir die patetiese diens!!
SchoolParrot is a review site for schools. We are a company that believes in more transparency within schools. Our platform is open to all users. Read about SchoolParrot and our company
Reviews are published in real-time without moderation and we want to encourage our users to provide constructive feedback and keep a serious tone. The responsibility lies with the user. Read our review guidelines